0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Blinde Mol Of Wyse Uil? - Hoe Om Met Integriteit Te Leef (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Blinde Mol Of Wyse Uil? - Hoe Om Met Integriteit Te Leef (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) In Stock

“Met hierdie boek wil ek almal aanmoedig om minder blinde mol en meer wyse uil te word.”

Daar is ’n groot behoefte aan mense met integriteit – mense met die volledige stel goue eienskappe wat hulle veelsydige, standvastige en betroubare wyse uile maak. Mense op wie jy kan peil trek.

Susan Coetzer, bekende skrywer en motiveringsspreker help jou op haar skreeusnaakse maar eerlike manier om jou eie lewe te ondersoek en seker te maak dat jy met integriteit leef.

Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Koeke en terte gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Dit is geskik vir almal wat ’n goeie humorsin het – en veral vir hulself kan lag. Susan takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou is goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself te leer waardeer en jou eie gawes te ontwikkel en om by jouself en ander te leer. 

'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer 'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer 1
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) In Stock

Die wêreld het meer sonneblommense nodig mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer en meer soos die Son wil wees eerder as giftige ivies, stink Afrikaners, stekelrige kaktusse, knieserige rosies of klaende hangkop wilgers.

Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes elke dag bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Ons moet onsself daagliks toewy in die bestudering van die Meester Sonneblom se lieflike kwaliteite en meer van die vrug van sy liefdevolle genadige gees te kweek deur ons gedagtes by hom te vernuwe. Om ou negatiewe gewoontes en denke af te breek vra baie herhaling en volharding.

Kom ons maak dit ons doel om elke dag 'n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na 'n avontuur van sonsoek al agter die Son aan.

Geniet die sonneblomreis.

Die Uil In Die Ysbos (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Die Uil In Die Ysbos (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R370 R318 Discovery Miles 3 180 Save R52 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is ’n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van haar getroue basset-hond bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer PTS haar tussen die mure van haar huis rondjaag en die gevoel van onheil soos ’n uil op die dak kom sit, dokter sy graag die kompulsief obsessiewe simptome met ’n glasie wyn of twee . . . 

Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.

Selma en Louise (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Selma en Louise (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer 1
R370 R318 Discovery Miles 3 180 Save R52 (14%) Ships in 4 - 8 working days

“Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre.

“Waarnatoe?” vra hy en kyk op.

“Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.”

Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Oversized Top & Ribbed Leggings Set…
R599 Discovery Miles 5 990
Multi-Functional Bamboo Standing Laptop…
 (1)
R995 R500 Discovery Miles 5 000
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Budget Compact Mirror [Blue]
R9 Discovery Miles 90
Webcam Cover (Black)
 (1)
R9 Discovery Miles 90
Clare - The Killing Of A Gentle Activist
Christopher Clark Paperback R360 R309 Discovery Miles 3 090
Alva 5-Piece Roll-Up BBQ/ Braai Tool Set
R389 R346 Discovery Miles 3 460
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Low Carb Is Lekker Three
Ine Reynierse Paperback R320 R256 Discovery Miles 2 560

 

Partners